ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Houtdief loop sy rieme styf in hof

 

News  Date: 13 December 2013

 

‘n Houtdief, wat op heterdaad betrap is op ‘n plaas in die Alldays-omgewing, het sleg daarvan afgekom.

Die 22-jarge Jacob Munyekwane het Maandag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn waar hy skuldig bevind is op ‘n klag van diefstal. Hy is Saterdag op die plaas van mnr. Ludwig Pretorius gearresteer.

Volgens inligting verskaf deur die polisie het Pretorius ondersoek gaan instel nadat hy berig ontvang het dat van die heiningdrade op sy plaas afgeknip is. By die plat heiningdraad het Pretorius spore gekry van ‘n donkiekar, wat hy dadelik agtervolg het.

Dit was nie lank nie, toe het Pretorius op Munyekwane en nog twee van sy makkers afgekom waar hulle besig was om vuurmaakhout op 'n donkiekar te laai. Daar was glo alreeds ‘n aansienlike vrag hout op die karretjie gelaai.

Munyekwane se medepligtiges het laat spaander toe hulle besef daar is moeilikheid, maar Munyekwane is vasgetrek. Pretorius het die polisie ontbied om vir Munyekwane te kom arresteer.

Maandag is Munyekwane voor die hof gebring, waar hy skuldig bevind is op die klag teen hom en gevonnis is tot ‘n boete van R1 000 of alternatiewelik 30 dae gevangenisstraf.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines