ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Winkeldiewe se “inkopies” kos hul duur

 

News  Date: 13 December 2013

 

Hulle mag dalk net nietige ditjies en datjies gesteel het, maar daar was niks onbenullig aan die straf wat dié week aan plaaslike winkeldiewe uitgedeel is nie.

Die afgelope naweek het die Makhado SAPD drie winkeldiewe tydens twee verskillende insidente in hegtenis geneem. Al drie is Maandag voor die Louis Trichardt Distrikshof gebring, waar hulle skuldig bevind is op klagtes van winkeldiefstal.

In die eerste voorval is ‘n jongman van Nzhelele ‘n R500 boete of 20 dae direkte gevangenisstraf opgelê, nadat hy ‘n das ter waarde van R99 by die plaaslike Edgars-tak probeer buit het. Die 21-jarige Tshifhiwa Maboko is Vrydag (6de) opgemerk deur ‘n winkelassistent toe hy die das voor by sy broek ingeprop het en daarmee ongesiens by die winkel probeer uitglip het. Maboko is voor stok gekry en het erken dat hy die das gesteel het.

Na sy arrestasie het polisie die daaropvolgende Saterdag nog twee jong vrouens gearresteer wat die Nani Spazawinkel in Tshikota probeer besteel het. Zandile Shoko (20) en Shirla Chikanaba (24) van Zimbabwe het onder andere seeppoeier, versagmiddel (Staysoft) en kerriepoeier onder hulle bloese weggesteek en so die winkel probeer verlaat. Die goedere was in totaal R71 werd.

Beide is skuldig bevind en ‘n boete van R600 of 20 dae gevangenisstraf opgelê.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines