ADVERTISEMENT:

 

Hierdie vragmotor, volgelaai met tweedehandse voertuie bestem vir Musina, was glo die oorsaak van 'n massiewe kettingbotsing op die N1-noord op Dinsdag. Dié vragmotor staan, volgens lesers, al sedert verlede Vrydag langs die pad, sonder enige waarskuwingstekens.

Bergpas weer toneel van groot ongeluk

 

News  Date: 20 December 2013

 

Drie mense is ernstig beseer en talle voertuie moes Dinsdagoggend oor die Witvlag-pad gekanaliseer word ná ‘n massiewe ongeluk op die N1-noord naby die Mount Inn Hotel.

‘n Vragmotor, wat in die rigting van Makhado (Louis Trichardt) oppad was, het met ‘n stilstaande vragmotor gebots en omgeslaan. Die bestuurder en sy passasier is albei ernstig beseer en na die Louis Trichardt Gedenkhospitaal gehaas.

Daar word verneem dat die stilstaande vragmotor, met ‘n vrag tweedehandse voertuie daarop, sedert verlede Vrydag al langs die N1 staan.

Hierdie ongelukstoneel het aanleiding gegee tot nog twee ander ongelukke. Terwyl reddingswerkers en opruimingspersoneel besig was op die toneel, het ‘n Toyota Tazz, vanuit Musina se rigting, in die stilstaande, motorbelaaide vragmotor vasgejaag. Nat en glibberige padtoestande dra die blaam vir die Tazz wat buite beheer geraak het. Die bestuurder is oom ernstig beseer.

Kort hierna het nog ‘n bakkie, wat deur verkeerspersoneel beveel is om om te draai vanaf die ongelukstoneel, met ‘n vragmotor gebots wat geparkeer gestaan het in ‘n verkeerstou voor die ongelukstoneel. Die bestuurder van hierdie bakkie is lig beseer.

Teen druktyd kon daar nie presies vasgestel word wat die toestand van die beseerdes is nie. Die polisie het bevestig dat hulle besig is om 'n saak van nalatige of roekelose bestuur te ondersoek.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines