ADVERTISEMENT:

 

Leon en Johan het op Dinsdag, 17 Desember, saam met vriende by Suid-Afrika se mees suidelike punt, Kaap Agulhas, aangekom en so die eerste been van hul Suiderkruisprojek klaargemaak. Foto: Project Southern Cross, Facebook.

Broers moeg, maar amper daar

 

News  Date: 10 January 2014

 

Met ‘n vleisie wat sissend op die kole braai het die twee Van Dijkorst-broers Dinsdag die feit gevier dat hulle so te sê klaar is met hulle Suiderkruis-projek.

Johan, ‘n inwoner van Makhado (Louis Trichardt), en sy broer, Leon, se fietsrit van ongeveer 4 200km was in die vorm van ‘n kruis wat van noord na suid gestrek het en dan weer van wes na oos. Hulle het op 30 November anderkant Musina, op die plaas Overvlakte, weggespring en het op 17 Desember aangekom by Suid-Afrika se mees suidelike punt, Kaap Agulhas.

Dinsdagaand het Johan en Leon pas by Port Nolloth aangekom, waar hulle ‘n vleisie gebraai het. Hulle sou Woensdag die laaste skof van 90km aanpak na Alexanderbaai – hulle eindbestemming. “Maar ons sal rustig en op ons tyd trap,” het Johan vinnig bygevoeg. “Die reis het ons kragte so 'n bietjie getap,” het hy gesê.

Net die week tevore moes die twee avonturierbroers die skofte tussen plekke soos Upington, Pofadder en Springbok in uitmergelende hitte aflê. In ‘n stadium, so vertel Johan, het die kwik gestyg tot 46°C.  

Altesaam 80% van die fondse wat hulle ingesamel het met die rit sal gaan na organisasies wat veiligheid op plase bevorder. Die oorblywende fondse sal verdeel word tussen organisasies wat renosterstropery beveg en die Gideons Internasionaal vir Bybelverspreiding.

Johan en Leon beplan om ná Alexanderbaai huiswaarts te keer – met ‘n voertuig natuurlik – en dan teen die naweek weer terug te wees by die huis.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines