ADVERTISEMENT:

 

Radelose inwoners, besig om hulle vragte vullis langs die munisipale stortingsterrein se toegangspad af te laai omdat die toeganshekke weereens tot oorlopens toe vol is. Hierdie foto is Dinsdagoggend geneem.

Stink probleem begin weer by asgate lol

 

News  Date: 17 January 2014

 

Te oordeel aan die munisipale stortingsterrein, bring die nuwe jaar ou probleme vir die inwoners van Makhado (Louis Trichardt).

Sedert Maandag het die toegangshekke by die terrein, soos verlede jaar, stadig maar seker begin oorloop van die vullis. Dinsdag, tydens ‘n besoek vroeg die oggend, is daar vier bakkies en ‘n munisipale vullistrok opgemerk wat hulle vragte vullis langs die Vondelingpad afgooi.

Nog ‘n munisipale trekker met ‘n sleepwa vol vullis kon nie by die ingangshek van die terrein inkom nie, en het agterom die stortingsterrein gery en dit naby die grensdraad in die veld van die vullisterrein gaan stort. Tussen al die rommel by die ingangshekke het ‘n tru-grawer gestaan – klaarblyklik buite werking.

Die koerant het intussen verneem dat ‘n nuwe terrein vir die ontwikkeling van nuwe asgate verlede jaar deur die munisipaliteit aan kontrakteurs oorhandig is. Munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi was egter vandeesweek nog nie terug by die werk om hieroor kommentaar te lewer nie.

Die munisipale bestuurder, mnr. Sakkie Mutshinyali, het teen druktyd ook nog nie gereageer op die koerant se navrae nie.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines