

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 March 2002
LOUIS TRICHARDT – Die Zimbabwiese regering het Dinsdag (19de) 'n man aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens uitgelewer wat daarvan verdink word dat hy verantwoordelik was vir die moord op 'n boer van die Pontdrift-omgewing.
Die man, die 27-jarige Dennis Moyo, is Saterdag by Sezani sowat 140 kilometer noord van die Suid-Afrikaanse grens deur lede van die SAPD se Ernstige Geweldsmisdaad-eenheid aangekeer. Sy arrestasie hou verband met die moord op mnr. Rudi Schmidt van die plaas Tuscanon op 11 Maart. Na wat verneem word is verskeie klein items in Moyo se besit gevind wat hom met die moord verbind, insluitend 'n jagmes wat vermoedelik as moordwapen gebruik is.
Moyo is Dinsdag na Suid-Afrika gebring en het Woensdagoggend in die plaaslike landdroshof verskyn waar hy 'n bekentenis voor die landdros en sy prokureur afgelê het. Die inhoud van die bekentenis is egter nie bekend nie. Sy saak is uitgestel tot 15 April en tans verkeer hy steeds in aanhouding.
Moyo se arrestasie was in 'n groot mate te danke aan 'n groep boere wat kort na mnr. Schmidt se dood twee privaat vliegtuie gehuur het om pamflette in die area af te gooi rakende die moord. Inligting is kort daarna ontvang wat speuders na Moyo op Sezani gelei het.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
