

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 January 2014
Skole, leerlinge en onderwysers van die Soutpansberg-Noordkring is Vrydag, 17 Januarie, vereer vir hulle prestasies gedurende 2013. Die geleentheid was die Departement van Onderwys se Noordkring prysuitdeling vir uitnemendheid wat in Musina gehou is.
“Ons onderwysers in ons streek is so betroubaar soos ‘n Toyota,” het kringbestuurder dr. Sampie Phaswana tydens sy toespraak by dié geleentheid gesê. Hy het ook van die geleentheid gebruik gemaak om verlede jaar se matrieks geluk te wens, en hierdie jaar se matrieks te bemoedig in hul studies. “Soos hulle in die Vrystaat sê: ‘Haak Vrystaat’, laat die spele vir 2014 begin en ons ons hande aan die ploeg slaan,” het Phaswana ter afsluiting gesê.
Tydens die geleentheid is sertifikate en trofees oorhandig aan al die leerlinge wat onderskeidings behaal het, asook skole wat ‘n 100% matriekslaagsyfer behaal het gedurende 2013. Hoërskool Eric Louw, Mopani Intermediêr en Messina Hoërskool is beloon vir hulle 100% matriekslaagsyfer.
Die Mopani Intermediêre Skool is ook aangewys as die beste skool in die Noordkring. Die beste Graad 12 leerling, Yolanda Mafukata, was ook afkomstig van Mopani. Sy het sewe onderskeidings behaal, naamlik in Tshivenda (huistaal), Engels eerste addisionele taal, fisiese wetenskap, landbouwetenskap, lewenswetenskap, wiskunde en lewensoriëntering.
Phaswana het haar geluk gewens met haar harde werk en die nuwe matrieks aangemoedig om net so hard te werk. “Ons wil in die komende jare sien dat ons slaagsyfers moet verbeter,” het hy gesê.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
