

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 January 2014
Die Ocean Basket restaurant op Makhado (Louis Trichardt) het vir die soveelste keer die slagoffers geword van ‘n roof.
Eienaar mnr. Johan Kirsten het die week vertel wat gebeur het. Die voorval het Sondagaand plaasgevind, terwyl hy in Pretoria was vir sake aangeleentheid.
Ongeveer 21:30 het sy bestuurder, mev. Newi Mushome die restaurant gesluit, en huis toe gestap saam met ‘n kelner. Mushome bly in ‘n woonstel agter Ocean Basket, in Pieter Ottostraat. Dit was terwyl Mushome in haar tuinpaadjie afgestap het, dat sy ‘n kabaal gehoor het.
Drie mans het die kelner, wat gewag het vir Mushome om veilig in haar huis te kom, aangeval.
Mushome het in die hoekie van die tuin gaan wegkruip, en toe sy hoor hoe die mans op die kelner skreeu vir die winkel se sleutels, het sy die sleutels weggegooi oor die muur.
‘n Opsigter by Kirsten’s Drukkery, wat grens aan die agterkant van Mushome se woonstel, het die rowers gehoor, en gehardloop om die polisie te ontbied.
Volgens Johan het die polisie ook net betyds tot Mushome se redding opgedaag. Die rowers het haar intussen in die tuin gesien wegkruip, en haar en die kelner in die woonstel ingedwing. Hier het die rowers hulle, te same met Mushome se twee kinders begin slaan en skop terwyl hulle aangedring het op die winkel se sleutels.
Die rowers het op die vlug geslaan toe hulle besef die polisie is op pad.
Johan het bevestig dat die saak aangemeld is, en dat die polisie die saak ondersoek. Teen druktyd was daar nog geen arrestasies gemaak nie.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
