

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 December 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – ‘n Ernstige vervoerkrisis vir sowat 70 gesinne van Lugmagbasis Makhado is afgeweer.
‘n Ernstige krisis, wat die betrokke gesinne ingrypend sou raak, is veroorsaak toe daar vandeesweek sonder vooraf kennisgewing aangekondig is dat die busdiens wat personeel tussen die dorp en die basis vervoer, onmiddellik beëindig word. Daar is nie voldoende behuising op die basis vir al die personeel beskikbaar nie.
Terselfdertyd is bekendgemaak dat die skoolbusdiens vir kinders van die basis ook in Mei aanstaande jaar gestaak sou word.
Die basis is nagenoeg 45 kilometer buite die dorp geleë, waar talle lugmaggesinne woon. Hoewel daar op die basis ‘n woongebied is, is daar nie naastenby voldoende behuising vir al die personeel op die basis beskikbaar nie. ‘n Toename in die personeeltal word ook verwag wanneer die nuwe Hawk- en Grippon-vliegtuie by die basis in diens gestel word.
Nadat navraag by Korporatiewe Kommunikasiedienste by die Lugmag Hoofkwartier in Pretoria gedoen is oor die besluit, is aangekondig dat die krisis bygelê is.
‘n Woordvoerder van Kommunikasiedienste het by navraag gesê: “Nadat vertoë deur die lugmagbasis se bevelvoerder aan die Hoofkwartier gerig is, is besluit om voort te gaan met die busdiens.” Die woordvoerder het bevestig dat dit ook vir die voorgestelde beëindiging van die skoolbusdiens geld.
Daar was in die verklaring geen kommentaar oor die redes vir die oorspronklike besluit nie.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
