ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Saak teen NG-leraar word weer uitgestel

 

News  Date: 14 February 2014

 

Die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) sal binnekort ‘n beslissing gee wat sal bepaal of ‘n leraar van Makhado (Louis Trichardt) vervolging in die gesig sal staar.

Philip Arnoldus Venter (58), leraar van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente, het Vrydag, 31 Januarie, weer in die distrikshof hier verskyn. Hy staar moontlik klagte wat verband hou met die nalatige verlies van ‘n vuurwapen(s) en ook bedrog, in die gesig.

Die verhoor teen Venter sloer steeds voort nadat hy reeds op 5 Julie verlede jaar vir die eerste keer vlugtig in die hof verskyn het op al die klagte. Die Staat sou na verwagting op 31 Oktober die klagte teen Venter gestel het, sodat hy kan pleit en daar met sy verhoor begin kan word. Die saak is egter uitgestel, nadat Venter se regsverteenwoordiger, mnr. Jaco Venter, aangedui het dat hy wag vir die polisie om nadere besonderhede in die saak teen sy kliënt te verskaf. Daarbenewens het Venter se regsverteenwoordiger ook aangedui dat hy ‘n vertoë aan die DOV sal rig om te beslis of Venter wel vervolg moet word of nie.

Intussen het Venter ook ‘n advokaat aangestel as deel van sy regsverteenwoordigingspan. Sy saak is uitgestel tot 14 Maart in afwagting op die DOV se beslissing.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines