

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 February 2014
Twee van die drie oorblywende verdagtes wat deel was van ‘n gefnuikte roof by die Lourens-egpaar van Levubu is nou ook in polisie-aanhouding.
Fatuwani Mbedzi (24) en Ntsengeni Piet Nevuwari (26) het Dinsdag hier in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op klagte van roof met verswarende omstandighede. Mbedzi was die een wat swaar gewond is deur mnr. Piet Lourens tydens die rooftog. 'n Derde rower is nog steeds op vrye voet. Dié verdagte is glo 'n Zimbabwiër en daar word vermoed dat hy reeds oor die grens na sy tuisland gevlug het.
Lourens het op Sondag, 26 Januarie, vier rowers in hulle spore gestuit toe hulle hom en sy vrou, Tillie, probeer beroof het. Een rower, wat met ‘n 9mm-pistool gewapen was, is deur Piet geskiet en is op die toneel dood, terwyl Mbedzi gewond is. Hy is kort ná die aanval gearresteer.
Die rower wat dood is op die toneel het homself en sy drie makkers se name gegee aan die polisie. Na wat verneem word was hierdie bende verantwoordelik vir talle mesaanvalle in die Levubu-area. Die naam van die rower wat dood is, is nog nie deur die polisie bekend gemaak nie.
Mbedzi en Nevuwari sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 14 Februarie. Hulle sal dan na verwagting 'n borgaansoek bring.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
