

ADVERTISEMENT:

News Date: 16 May 2003
LOUIS TRICHARDT – 'n Bekende lid van die tweedehandse motorverkoopspan by Mount Fuji Motors, mev. Rika Engelbrecht, is Sondag dood in haar voertuig by haar woning aangetref. Sy het haarself vermoedelik vergas en geen misdaad word vermoed nie.
Mev. Engelbrecht, wat oorspronklik van Delmas gekom het, was vir etlike jare lid van die verkoopspan by Ayob Motors op die dorp, voordat sy haar by die verkoopspan van Mount Fuji Motors aangesluit het.
Sy was 41 jaar oud en getroud met mnr. JC Engelbrecht. Sy word ook oorleef deur haar moeder wat in Polokwane woon, 'n suster en 'n broer.
Mnr. Engelbrecht het vandeesweek sy dank betuig teenoor die SAPD, mnr. Koos Brits, ds. Philip Venter, John en Leanda le Cornu, Freddie Louw, dr. Stroebel, kliniek personeel en AVBOB vir hulp, bystand en raad. Mev. Engelbrecht sal Vrydag in Polokwane begrawe word.

ADVERTISEMENT:
