

ADVERTISEMENT:

News Date: 02 May 2003
LEVUBU - Uitgebreide skade is hier aan 'n plaaswoning aangerig deur 'n brand wat na bewering deur inbrekers gestig is wat op soek was na 'n vuurwapen.
Vier mans van Tshakuma het vandeesweek in die periodieke hof op Levubu op aanklagte van inbraak en brandstigting verskyn. Die polisie op Levubu stel verdere ondersoek in na die voorval waarin die woning op die plaas van mnr. Frans Prinsloo, bekende sitrus en neutboer van Levubu, vroeg Sondagoggend afgebrand is.
'n Polisiewoordvoerder het by navraag gesê die misdadigers het vermoedelik by die woonhuis ingebreek op soek na 'n vuurwapen. Hulle het toe klaarblyklik die huis aan die brand gesteek om leidrade te vernietig en die polisie se ondersoek te bemoeilik.
Volgens die polisiewoordvoerder is R1 100 se kontant, asook agt haelgeweerpatrone en verskeie klank en video kassette by die verdagtes teruggevind.
Mnr. Frans Prinsloo (snr.) was met vakansie ten tyde van die voorval. Toe sy seun, mnr. Frans Prinsloo (jr.), vandeesweek genader is oor die voorval, het hy bevestig dat twee mans wat op die plaas werk, 'n veiligheidswag en nog 'n man in hegtenis geneem is na die voorval waarin by sy kantoor, wat reg langs die woonhuis geleë is, en in die woonhuis van sy vader, ingebreek is. Hy sê R2 900 se kontant word nog vermis.
Mnr. Prinsloo (jr.) het bevestig dat die inbrekers vermoedelik op soek was na 'n haelgeweer, wat hy die vorige dag in sy kantoor gehad het. Hy sê die een beskuldigde, wat al vir agt jaar lank by hom op die plaas is, en nog een wat reeds vyf jaar op die plaas werk, het gesê hulle wou hom nie skade aandoen nie. Volgens hulle wou hulle bloot die haelgeweer leen om iemand te gaan skiet. Hulle sou die geweer daarna weer teruggebring het. Toe hulle die geweer nie kon kry nie, het hulle bloot uit frustrasie die geld geneem en die huis aan die brand gesteek.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
