ADVERTISEMENT:

 

"Oubaas" Ackerman oorlede

 

News  Date: 02 May 2003

 

LOUIS TRICHARDT – Die bekende plaaslike sakeman mnr. C. E. "Oubaas" Ackerman, is hier in die ouderdom van 64 jaar oorlede. Hy is verlede Saterdagoggend vanuit die PPK gemeente begrawe.

Mnr. Ackerman het in Desember verlede jaar, net na Kersfees siek geword. In Februarie vanjaar is bloedkanker gediagnoseer.

Wyle mnr. Ackerman en sy gesin het in 1976 na Louis Trichardt gekom en was onder meer in die motorhandel en vleishandel betrokke en het ook verskeie eiendomme in die dorp ontwikkel. Hy laat sy vrou Dinie, vier kinders en vier kleinkinders agter.

Die gesin het besonder waardering uitgespreek teenoor dr. André van der Walt en ander mediese en verpleegpersoneel en die personeel van die Soutpansberg kliniek, en die talle vriende, familie en ander belangstellendes vir telefoonoproepe, voorbidding, kaartjies en ruikers.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines