

ADVERTISEMENT:

News Date: 20 March 2014
Die verhoor van ‘n NG-leraar van Makhado (Louis Trichardt) sloer steeds voort, nadat daar steeds gewag word op ‘n beslissing van die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV).
Philip Arnoldus Venter (58), die voormalige leraar van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente, het weer op Vrydag, 14 Maart, hier in die Distrikshof verskyn. Hy staar moontlike klagtes wat verband hou met die nalatige verlies van ‘n vuurwapen(s) en ook bedrog in die gesig.
Venter het reeds op 5 Julie verlede jaar vir die eerste keer vlugtig in die hof verskyn op dié klagtes. Venter se regsverteenwoordiger, mnr. Jaco Venter, het egter aangedui dat hy ‘n vertoë gerig het aan die DOV om te beslis of Venter vervolg moet word of nie.
Intussen het die landdros Venter se saak finaal uitgestel tot 12 Mei in afwagting op die DOV se beslissing. Indien die beslissing teen daardie tyd nog nie beskikbaar is nie, kan die saak teen Venter voorlopig teruggetrek word.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
