ADVERTISEMENT:

 

Pasop vir dié geldmaakskema

 

News  Date: 25 April 2003

 

LOUIS TRICHARDT – Inwoners word gewaarsku om nie te reageer op die Wheels Direct-pamflette wat tans op voertuie se vensters in die dorp versprei word.

Die pamflette, wat ook in Polokwane en op Musina versprei is, nooi lede van die publiek uit om voertuie teen ongelooflike goedkoop pryse te koop. Dié voertuie bestaan egter glad nie en inwoners moet op geen stadium geld in die rekeningnommer deponeer wat deur die verspreiders van die pamflet verskaf word nie.

Volgens mnr. Ben van Zyl van Sovereign Assessors in Pretoria het hy ondersoek ingestel na die verspreiding van die pamflette, nadat hy inligting ontvang het van Omega Makelaars op Louis Trichardt. Hy het toe vasgestel dat die inligting op die pamflette vals is en dat talle mense reeds geld verloor het nadat hulle dit oorbetaal in die rekeningnommer wat deur die verspreiders van die pamflette verskaf word. Mnr. Van Zyl het dadelik gereël dat die betrokke rekening gevries word.

Persone wat reeds geld oorbetaal het na aanleiding van die pamflette, word versoek om met mnr. Van Zyl te skakel by tel. 082 550 6309.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines