

ADVERTISEMENT:

News Date: 25 April 2003
LOUIS TRICHARDT – "It is hard to come to terms with this tragedy. You died so far away from home," lui die roerende afskeidsgroet van gesinslede van die jongste slagoffer van 'n noodlottige swaarvoertuig ongeluk op die N1 oor die Soutpansberg.
Intussen handhaaf die kantoor van die LUR vir Openbare Werke steeds 'n doodse stilswye oor die uitslag van beraadslagings op hoë vlak oor die erg omstrede padtekens wat swaar voertuie, bo sewe ton, verbied om van alternatiewe roetes gebruik te maak. Hulle word verplig om die N1 oor die Soutpansberg te volg.
Die borde is aan die begin van Desember verlede jaar skielik opgerig, sonder dat enige van die vernaamste gebruikers vooraf geraadpleeg of ingelig is. Herhaalde verklarings dat die aangeleentheid op hoë vlak bespreek word om verligting te bring vir die krisis wat daardeur geskep is, het na meer as drie maande nog niks opgelewer nie. Etlike briewe wat deur onder meer die Soutpansberg Sakekamer aan die kantoor van die LUR gerig is, bly intussen onbeantwoord.
Die LUR se onvermoë om sy pligte na te kom, is nou onder die aandag van die Provinsiale Premier en die Openbare Beskermer gebring. Intussen getuig 'n plastiek kransie by die skerp draai in die bergpas, digby Ingwe Hotel, van die jongste noodlottige ongeluk waarin 'n swaar voertuig op sy gedwonge gang oor die berg betrokke was.
Die LUR word deur die Sakekamer in een brief persoonlik verantwoordelik gehou vir lewensverlies wat ontstaan as gevolg van die onbesonne besluit om swaar verkeer oor die berg te dwing, veral in die huidige stadium, waarin omvattende padbouwerk daar aan die gang is.
'n Boodskapkaartjie wat aan die kransie vasgeheg is bevat die laaste groetboodskap van bewoë familielede van Kenneth Mutsware in Zimbabwe. Kenneth is op 1 April in 'n gru-ongeluk op die betrokke toneel dood.
Die boodskap van sy vrou, drie kinders, broers, susters en twee moeders, lui: "God took you when we needed you most. It is hard to come to terms with this tragedy. Tears will dry out. Memories of you will live with us for ever. You died so far away from home. No one can replace the loss. God rest your soul."
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
