

ADVERTISEMENT:

News Date: 28 March 2014
‘n Egpaar van Levubu het vandeesweek in die hof verskyn, nadat hulle glo ‘n inwoner van Makhado (Louis Trichardt) aangerand het.
Die egpaar, wat nog nie geïdentifiseer kan word totdat hulle gepleit het nie, is Maandag op borgtog van R200 elk vrygelaat, nadat hulle vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn het.
Hulle is Saterdagaand aangekeer, nadat hulle glo hul seun se vriend aangerand het met die vuis en met klippe geslaan het.
Volgens die koerant se inligting het die egpaar se seun, wat in sy vroeë twintigs is, dié betrokke aand tot laat by ‘n gewilde plaaslike kuierplek gekuier. Die seun het ‘n vriend gebel om hom ‘n saamrygeleentheid huis toe te gee, en dit is toe dat die geveg glo uitgebreek het. Die 57-jarige man en sy 44-jarige vrou het glo 'n vermoede gehad dat die vriend dwelms aan hul seun verkoop en wou 'n stokkie daarvoor steek.
‘n Bekgeveg het toe omgesit in ‘n regte vuisgeveg, en die seun se vriend het ‘n saak van aanranding oopgemaak by die Makhado Polisiestasie teen die egpaar. Hy het glo beserings aan sy gesig en lyf opgedoen.
Die egpaar se saak is uitgestel tot en met 25 April, wanneer hulle weer in die hof sal moet verskyn.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
