

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 April 2003
LOUIS TRICHARDT - Die Nasionale Padagentskap was vandeesweek die fokuspunt van plaaslike inwoners se woede, na die oprigting van nog ‘n omstrede padteken tussen Polokwane en Louis Trichardt.
Ontstoke inwoners het woedend gereageer op die oprigting van ‘n afstandkennisgewing waarop die naam Louis Trichardt vervang is met die naam van die dorpie Makhado, noord van die Soutpansberg. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Padagentskap het by navraag gesê die verandering is op versoek van “gemeenskappe in die omgewing.” Op die eerste navraag, by mnr. Lionel Naudé, wat geïdentifiseer was as die persoon wat vir die oprigting van die teken verantwoordelik was, het mnr. Naudé gesê hy mag nie met die media praat nie. Hy het die verslaggewer verwys na sy opdraggewer, mnr. Stefan du Plessis van V& V Consulting Engineers wat na bewering die oprigtingswerk vir die Padagentskap hanteer. Mnr. Du Plessis het die navraag verwys na mnr. Wayne Petersen van die Padagentskap, wat die opdrag sou gegee het.
Mnr. Petersen het by navraag bevestig dat die Padagentskap verantwoordelik is vir die opdrag om die kennisgewing op te rig. Hy sê die kontrakteurs het opdrag om op al die tekens wat vervang moet word, die goedgekeurde nuwe name van dorpe aan te bring. Mnr. Petersen sê die aanbring van die naam Makhado in plaas van Louis Trichardt kom na versoeke deur “verskeie gemeenskappe” in die omgewing. Hy kon by navraag nie sê wie as segsman in die aangeleentheid opgetree het nie, maar het onderneem om die betrokke korrespondensie na te gaan.
Toe hy daarop gewys is dat Louis Trichardt se naam nie verander het nie, het ‘n verbaasde mnr. Petersen onderneem om die aangeleentheid onmiddellik te ondersoek en die korrekte naam by die Geografiese Plekname Raad van Suid-Afrika vas te stel. “As ons gefouteer het, sal ons dit onmiddellik regstel”, het mnr. Petersen onderneem.
Intussen het die voorsitter van die Provinsiale komitee vir Geografiese Plekname, adv. Tommy Ntsewa, vandeesweek by navraag gesê die aansoek om Louis Trichardt se naam te laat verander is reeds deurgestuur na die kantoor van die Minister van Kuns en Kultuursake, wat verantwoordelik sal wees vir ‘n amptelike beslissing in die hoogs omstrede prosedure.
Die Soutpansberg Sakekamer het reeds op hoë vlak amptelik beswaar ingedien oor die eensydige pogings van die Makhado Munisipale Raad om Louis Trichardt dorp se naam te verander. Die Raad het konsekwent die inwoners van die dorp die geleentheid ontsê om self oor die aangeleentheid uitspraak te gee.
Die Raad was ook reeds verantwoordelik vir verskeie ernstig misleidende uitsprake en omsendbriewe aan sakelui oor die naam-kwessie. In een voorval het ‘n bekende handelsbank sy Louis Trichardt tak se naam verander op sterkte van valse inligting wat deur die Stadsraad versprei is. Die bank het later in die openbaar verskoning aangeteken oor die vergissing en die tak se naam weer terug verander na Louis Trichardt.
In Louis Trichardt word nou sterk bespiegel dat die Suid-Afrikaanse Padagentskap waarskynlik

ADVERTISEMENT:
