

ADVERTISEMENT:

News Date: 11 April 2003
MUSINA - 'n Verteenwoordiger van Omgewingsbewaring hou 'n ogie in die seil oor die wyse waarop die kremetartbome hanteer word wat weens die huidige opgradering van die N1 suid van Musina in die gedrang gekom het.
Verskeie kleiner kremetartbome sal na die Baobab Tolplaza oorgeplant word, terwyl van die groter bome sywaarts buite gevaar verskuif word.
Kommer oor die veiligheid van die bome en oor die doeltreffendheid van die verskuiwingstegniek het verlede week ontstaan, nadat dit aan die lig gekom het dat een van die groter bome ernstig beskadig is deur een van die subkontrakteurs. 'n Boom wat vir verskuiwing geoormerk was, is ernstig beskadig, deurdat die boom na bewering deur 'n ander kontrakteur, wat 'n dreineringsloot moes grawe, seergemaak is.
Die verteenwoordiger van Omgewingsake, mnr. Alan McMurtrie, het by navraag gesê hy het bevestiging van die hoofkontrakteur gekry van die insident, tesame met 'n versekering dat groot sorg aan die dag gelê word om toe te sien dat al die oorblywende verskuiwings wel op die korrekte wyse geskied

ADVERTISEMENT:
