ADVERTISEMENT:

 

Zimbabwiërs dankbaar vir skenkings

 

News  Date: 11 April 2003

 

LOUIS TRICHARDT – 'n Groot vrag met plaaslike bydraes vir sorgbehoewende bejaardes in Zimbabwe het verlede naweek veilig in dié buurstaat gearriveer en in die regte hande beland.

Een weduwee van Bulawayo was oorstelp van dankbaarheid en sê dat dit so goed is om produkte te ontvang wat hulle glad nie meer daar te siene kry nie. Sy het spesiaal verwys na die voorreg om weer pap en suiker vir ontbyt te kon eet. Dié weduwee, wat self sorgbehoewend is, het 'n weeskind met Down's Sindroom ingeneem om te versorg.

"Ons het vir so lank geen koekmeel gesien nie en is verheug dat ons weer vetkoek kan maak," het sy laat weet.

Bejaardes verder noord in die land het ook 'n oproep om hulp gemaak. 'n Vrag sal moontlik hierdie naweek vertrek sodra die vrag vol is. Nie-bederfbare produkte kan gestuur word en kontant word waar nodig ook omgesit in nie-bederfbare produkte. Ds. Sampie en Dalene van Niekerk bedank weereens die gemeenskap vir hul wonderlike ondersteuning wat van wyd en syd gekom het.

Nie-bederfbare produkte of ander skenkings kan na Aroma of die kerkkantoor van Agapé Christensentrum gebring word. Navrae kan gerig word aan ds. Van Niekerk by tel. (015) 516 4164 of met die kerkkantoor by (015) 5163725. .

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines