ADVERTISEMENT:

 

Cheetah stort neer naby Albasinidam

 

News  Date: 04 April 2003

 

LOUIS TRICHARDT – 'n Cheetah C-vegvliegtuig van 2 Eskader op Lugmagbasis Louis Trichardt het Dinsdagoggend (1ste) naby die Albasinidam in die Levubu-omgewing neergestort. Die vlieënier was gelukkig genoeg om betyds uit te skiet en is feitlik ongedeerd.

Die vegvliegtuig het ongeveer 10:00 op die plaas Beaufort neergestort, tydens 'n roetine vliegoefening. Die ongelukstoneel is slegs 'n paar kilometer vanaf die plek waar kapt. Brett Burmeister van Hoedspruit in April verlede jaar dood is, nadat sy Impala-vegvliegtuig neergestort het. Kapt. Burmeister was ten tye van die ongeluk besig met 'n laevlak taktiese navigasie oefening. Die naam van die vlieënier van die Cheetah-vegvliegtuig wat Dinsdag neergestort het, was teen druktyd nog nie bekend gemaak nie.

Die vliegongeluk die afgelope week was die vierde van sy soort die afgelope ses jaar in die Soutpansberg-distrik. In 1997 het maj. Keith Fryer ternouernood ontkom, toe sy vegvliegtuig naby LMB Louis Trichardt neergestort het. Hy kon betyds uitskiet. Kapt. Piet Koster was minder gelukkig en sterf nadat sy Cheetah C-vegvliegtuig sowat drie jaar later neerstort, ook naby LMB Louis Trichardt.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines