ADVERTISEMENT:

 

Yster is 'n kampioen boerbok

 

News  Date: 15 March 2002

 

LOUIS TRICHARDT – 'n Plaaslike boerbokstoet het goed presteer op die Veredelde Boerbok Wêreldkampioenskappe.

'n Ramlam, genaamd Yster, van die Fourie Boerbokstoet het met die louere weggestap in die klas bo 70kg van die kampioenskappe wat in Februarie op Victoria-Wes beslis is. Yster het 113kg geweeg. Twee ander ramme van die Fourie Boerbokstoet het ook plekke behaal in die klas vir vier-tand ramme en in die klas vir 55 tot 70kg.

Die Fourie Boerbokstoet is reeds in 1932 begin. Die Telersvereniging is in 1954 gestig en die stoet is in 1960 geregistreer.

Mnr. Tobie Fourie, eienaar van die kampioen ram, het in 'n onderhoud gesê daar is toenemende internasionale belangstelling in Boerbokke, wat algemeen erken word as die beste vleisbok in die wêreld. Boerbokke is reeds na verskeie Europese lande en na die VSA en Suid-Amerika uitgevoer en in die Oosterse lande is daar ook 'n lewendige belangstelling in dié bokras. Die Boerbok is die enigste vleisbokras wat tot stand gebring is bloot deur seleksie en nie deur kruisteling nie.

Mnr. Fourie sê bokvleis neem wêreldwyd 'n belangrike plek in die verskaffing van rooivleis in. Na raming is sowat 70% van alle rooivleis wat in die wêreld gebruik word bokvleis. Mexiko word allerweë beskou as die land met die meeste vleisbokke, terwyl 'n groot getal vleisbokke ook in Sjina aangetref word.

Wat die gehalte van bokvleis aanbetref, het navorsing in die VSA getoon dat bokvleis besonder min cholesterol bevat. Dit is inderdaad die vleissoort met die heel laagste cholesterol inhoud. Dit bevat minder as bees-, skaap- en hoendervleis.

March

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines