ADVERTISEMENT:

 

Makhado (Louis Trichardt) se munisipale swembad staan al vir etlike jare leeg weens swak of geen instandhouding. Daar is tans positiewe bespreking aan die gang om dié munisipale bate tot sy voormalige glorie te herstel.

Munisipale swembad kry dalk nuwe lewe

 

News  Date: 25 April 2014

 

Menige inwoners van Makhado (Louis Trichardt) was al die laaste paar somers teleurgesteld omdat daar nie meer ‘n munisipale swembad is om in af te koel nie.

Dit is moontlik dat hierdie wit olifant weer sy regmatige plek sal inneem, sodat swem in Makhado (Louis Trichardt ) ten volle ontwikkel kan word.

Die Makhado Munisipaliteit het hierdie week vergader met ‘n projekbestuurskomitee vanuit die gemeenskap en teen volgende week kan daar dalk reeds inligting oor die omvang van die projek beskikbaar wees.

Hoërskool Louis Trichardt het reeds ‘n leidende rol gespeel in die vorming van die komitee. “Al wat in hierdie stadium gesê kan word, is dat die skool gevra is om saam te werk om die swembad weer aan die gang te kry en dat ons reeds die komitee bymekaar gekry het,” het die skoolhoof, mnr. Theo Muller, Dinsdag gesê.

“Beide die munisipaliteit en swemliefhebbers wil hê dat die swembad gebruik moet word. Ons dorp het in die verlede al verskeie goeie swemmers opgelewer wat provinsiaal en nasionaal deelgeneem het. Swem is ‘n fantastiese sport wat al die spiere ontwikkel en ‘n lae beseringsrisiko het,” het een swemafrigter gesê.

Die 25m swembad by Laerskool Soutpansberg is tans in werking en word deur swemklubs benut, maar daar is ‘n behoefte aan ‘n groot swembad waar gala’s aangebied kan word.  

Die dorpswembad is al die afgelope paar jaar leeg en die moontlikheid van krake sal waarskynlik goed ondersoek word. Die swembadpompe is ook nie meer daar nie.

Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV) betreur die feit dat die swembad toegelaat is om so vervalle te raak. “Dit is seker nou al twee of drie jaar dat die dorpswembad buite werking is. Hoekom moet ‘n gemeenskap se bates of aantreklikhede so verwaarloos word? ‘n Swembad, net soos ander sportfasiliteite, is deel van die gesondheid van ‘n dorp. Hoekom is daar nie na ons swembad gekyk nie?” het Inga Gilfillan, voorsitter van die SBBV, gevra.

Inwoners van sommige ander dorpe en stede het ook probleme met hul munisipale swembaddens. So staan 'n munisipale swembad in Gezina, Pretoria, al sedert 2001 leeg en die Mogalakwena plaaslike munisipaliteit se swembad in Mokopane staan ook lankal toe.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines