

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 May 2014
Die egpaar van Levubu wat daarvan beskuldig word dat hulle glo ‘n inwoner van Makhado (Louis Trichardt) aangerand het, se saak is vir eers uitgestel
Die egpaar kan nog nie geïdentifiseer word alvorens hulle gepleit het nie. Hulle is op Saterdag, 22 Maart, gearresteer nadat hulle glo hul seun se vriend aangerand het. Die vriend is glo met die vuis en klippe toegetakel, omdat hy glo dwelms sou verkoop het aan die egpaar se seun.
Die 57-jarige man en sy 44-jarige vrou is die Maandag na hul arrestasie elkeen op R200 borg vrygelaat. Hulle het verlede Vrydag vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn en sal weer op 30 Junie in die hof moet verskyn, waartydens hulle na verwagting ‘n skikkingsooreenkoms met die klaer in die saak sal aangaan.
Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles.

ADVERTISEMENT:
