ADVERTISEMENT:

 

generic image

Plaaslike man verdink van renosterjag

 

News  Date: 02 May 2014

 

‘n Jong inwoner van Makhado (Louis Trichardt) het verlede week saam met ‘n vriend in die Tzaneen Landdroshof verskyn, nadat hulle na bewering op pad was om onwettig te jag.

Christoffel Gerhard Botha (24) is oor die Paasnaweek saam met Louis Andrew Zeederberg (22) van Tzaneen gearresteer. Hulle is, volgens provinsiale polisiewoordvoerder kol. Ronél Otto, in ‘n padblokkade gevang. Polisie het glo die paaie in die Letsitele-omgewing afgesper, nadat hulle inligting van boere ontvang het oor ‘n moontlike renosterstroping.

Volgens Otto is Botha en Zeederberg in hulle bakkie voorgekeer en is die bakkie deursoek. Daar is op twee ongelisensieerde vuurwapens, ‘n byl en messe beslag gelê. Nie een van hulle het ook ‘n rybewys by hulle gehad nie. Die polisie is oortuig dat hulle vir Botha en Zeederberg gekeer het voordat hulle ‘n renoster kon doodmaak.

Nadat die mans die langnaweek in aanhouding spandeer het, het hulle vlugtig in die hof verskyn waar hulle aangekla is van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.  Hulle is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines