ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Tweede aanval bykans voor laerskool

 

News  Date: 09 May 2014

 

‘n Polisievrou is Dinsdag helder oordag beroof naby Laerskool Louis Trichardt, ‘n klipgooi van die plek waar ‘n vrou en haar babatjie sowat twee weke gelde beroof is.

Die polisievrou, A/O Ligavha, was Dinsdagmiddag op pad in Celliersstraat na die Zoutpansberg Privaat Hospitaal. Sy is ‘n kort entjie voor die parkeerterrein van Laerskool Louis Trichardt, waar Michelle de Jager en haar twee-maande-oue baba op 22 April beroof is, aangeval.

Ligavha was te voet op pad na die hospitaal toe twee mans haar gegryp het naby die hoek van Celliers- en Erasmusstraat. Daar word vermoed dat die mans haar dalk kon agtervolg het van die bank af waar sy geld getrek het. Nadat die mans haar grond toe gedwing het, het hulle haar geld en selfoon gegryp en in die digte bosse oorkant die Grasdak Gastehuis in gevlug.

Die Makhado polisie was vinnig om te reageer en ondersoek tans ‘n saak van gewone roof.

Lede van die polisie op die toneel het saam met die eienaar van die Grasdak, mev. Anette du Preez, hul misnoeë uitgespreek met die Makhado Munisipaliteit se onvermoë om plan te sien met die beboste gebied. “Hier is kort-kort ‘n roof, en elke keer vlug die rowers die bosse in en dan kan niemand hulle vang nie,” het Du Preez gesê. “Die munisipaliteit sal regtig 'n plan moet maak. So kan dit nie aangaan nie.”

Die Makhado Munisipaliteit kon teen druktyd nie bereik word vir kommentaar nie.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines