

ADVERTISEMENT:

News Date: 08 March 2002
LOUIS TRICHARDT – 'n Vrou van Lugmagbasis Louis Trichardt, Anna Margeretha Venter (27), is in die plaaslike landdroshof daaraan skuldig bevind dat sy tjeks gewissel het en versuim het om die kontant oor te betaal.
Venter is op Vrydag, 22 Februarie skuldig bevind op 'n klag dat sy tjeks gewissel het en versuim het om dit aan die lugmag se B7-rekening oor te betaal. Die tjeks ter waarde van sowat R14 000, is gewissel tussen 28 Februarie 2001 en 12 Maart 2001 toe Venter in diens was van die basis se finansiële afdeling.
Venter is gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir 'n periode van vyf jaar.

ADVERTISEMENT:
