ADVERTISEMENT:

 

Generic image

Vhembe bestuurder rem waterplan - AfriForum

 

News  Date: 22 May 2014

 

Om die watervoorsiening aan Makhado (Louis Trichardt) glad te laat verloop, sal die Vhembe Distriksmunisipaliteit hulle bestuurder van tegniese dienste moet afdank, meen AfriForum.

‘n Brief aan Vhembe wat vra dat mnr. Ratidzai Madimutsa bedank as bestuurder van tegniese dienste, is op 20 Mei aan die Vhembe munisipale bestuurder, mnr. Masala Makumule, gestuur. AfriForum vra ook dat mnr. Madimutsa se kwalifikasies en bestuursvaardighede ondersoek moet word.

“‘n Persoon wat op daardie posvlak dien, moet sekerlik bestuursvaardighede hê om projekte soos die waterprojekplan te kan toepas. AfriForum het ‘n gedetailleerde plan aan die munisipaliteit verskaf oor hoe die waterkrisis in die dorp opgelos kan word. Die bestuurder van tegniese dienste moes slegs hierdie plan uitvoer, maar hy het nie. AfriForum moes dié plan in werking kry, anders sou die proses ongelukkig weer stilgestaan het. Dit kom voor of Madimutsa nie oor die nodige vaardighede beskik nie,” het mnr. Wally Schultz, voorsitter van AfriForum se Louis Trichardt-tak, gesê.  AfriForum moes by verskeie geleenthede ingryp om die plan om uiteindelik goeie watervoorsiening te kan geniet, weer op koers te kry.  

“Die distriksmunisipaliteit se webwerf vertoon die kwalifikasies en prestasies van senior amptenare, maar dié inligting van mnr. Madimutsa ontbreek. AfriForum moet as burgerregte-organisasie vrae begin vra. Ons fokus onder meer op die doeltreffende lewering van noodsaaklike dienste soos water aan gemeenskappe regoor Suid-Afrika. Amptenare wat nie gekwalifiseer is nie of nie oor die nodige vaardighede beskik om hul poste te beklee nie, moet deur vaardige persone vervang word om dienslewering te verbeter,” het mnr. Morné Mostert, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Limpopo, gesê.

Vhembe se Makumule het aan die Zoutpansberger gesê dat mnr. Madimutsa ‘n gekwalifiseerde ingenieur is en van Madimutsa se hoë werkslading melding gemaak. “Hy mag dalk nie daarin slaag om ander aktiwiteite te koördineer nie, weens te veel werk,” het Makumule gesê. Hy het die vraag of daar ‘n ondersoek na bestuursvaardighede geloods sal word, telkens vermy. “Ek doen die monitering en ondersteuning,” het Makumule gesê.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines