

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 March 2002
LOUIS TRICHARDT – Die plaaslike naamsveranderingdebakel is vandeesweek deur georganisserde landbou verwerp as blatante rassisme en louter tirannie.
Georganiseerde Landbou in die Noordelike Provinsie het hom vandeesweek sterk uitgelaat oor die naamsveranderingskwessie en onderneem om die proses te beveg.
Die Hoofraad van die Soutpansberg Distriks Landbou-unie het die wyse waarop die aangeleentheid gehanteer word verwerp as blatante rassistiese politiek wat neerkom op skaamtelose tirannie.
Die hoofraad sê hy sal weerstand teen die naamsverandering steun en deur bestaande strukture help om die onaanvaarbare optrede teen te staan.
“Daar is geen aanvaarbare gronde vir die naamsverandering nie. Dit is opvallend ‘n onverantwoordelike eensydige politieke oefening wat die algemene belang van die hele gemeenskap op geen manier in aanmerking neem nie,” lui die verklaring.

ADVERTISEMENT:
