ADVERTISEMENT:

 

Opgeskorte vonnis vir sakeman

 

News  Date: 01 March 2002

 

LOUIS TRICHARDT – ‘n Besigheidsman van Louis Trichardt, Marius Labuschagne, het verlede week in die plaaslike landdroshof skuldig gepleit op ‘n klag dat hy gesteelde goedere in ontvangs geneem het.

Die saak volg nadat Labuschagne ‘n kragopwekker gekoop het wat in 1997 op Lugmagbasis Louis Trichardt gesteel is. Labuschagne is op 22 Februarie gevonnis tot ‘n boete van R10 000 of agtien maande gevangenisstraf wat opgeskort is vir ‘n periode van vyf jaar.

Twee ander beskuldiges in die saak, André Els en Doe Nel van LMB Louis Trichardt, het ook Vrydag in die hof verskyn, maar hulle saak is uitgestel tot 15 Maart. Els en Nel word daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik was vir die diefstal van die kragopwekker.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines