ADVERTISEMENT:

 

'n Argieffoto van Dawie Groenewald tydens een van sy eerste hofverskynings in Musina gedurende 2010.

Groenewald-saak hervat weer in Julie

 

News  Date: 13 June 2014

 

Die renoster-saak teen sakeman Dawie Groenewald en sy nege medebeskuldigdes sal na verwagting in Julie vanjaar in die Noord Gauteng Hooggeregshof voortgaan.

Groenewald en sy medebeskuldigdes is vier jaar gelede in hegtenis geneem op klagte wat verband hou met grootskaalse onwettige jag en onthoring van renosters.

Die ander beskuldigdes is Groenewald se vrou, Sariette (37), twee veeartse, Karel Toet (49) en Manie du Plessis (40), Toet se vrou, Marisa (41), Nardus Rossouw (45), Tielman Erasmus (36), Dewald Gouws (28), Paul Matoromela (64) en Jacobus Marthinus Pronk (51).

Groenewald, die eienaar van Out of Africa Adventurous Safaris, word volgens die klagstaat daarvan aangekla dat sy besigheidsaktiwiteite wettige en onwettige bedrywighede ingesluit het. Hy en sy medebeskuldigdes sou glo renosters onwettig onthoring, gejag en onwettig besit of verkoop het.

Al 10 is in Oktober 2011 aangekla op 1 872 klagtes, wat onder meer insluit permit-oortredings, geldwassery, onwettige jag en die handel in en die verkoop van renosterhorings, asook oortredings van die Wet op Biodiversiteit en die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Daar is ook aanklagte wat verband hou met die onwettige besit en vervoer van olifanttande, pogings tot regsverydeling en die onwettige jag van ‘n luiperd.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines