ADVERTISEMENT:

 

Bakkery in brand beskadig

 

News  Date: 22 February 2002

 

LOUIS TRICHARDT - Skade van nagenoeg R90 000 is veroorsaak in 'n brand by 'n bakkery op Louis Trichardt.

Die gebou van die Gateway Bakkery in Burgerstraat is binne beskadig deur rook, terwyl 'n afleweringsvoertuig wat langs die gebou geparkeer was, ook beskadig is.

Die brand het Sondagoggend ontstaan en die polisie ondersoek die moontlikheid van brandstigting.

Die eienaar van die bakkery, mnr. Francois Welman, het by navraag gesê hy is omstreeks sesuur Sondagoggend verwittig van die brand. Toe hy op die toneel kom was die polisie en die brandweer reeds daar.

Mnr. Welman sê binne die gebou is bykans geen skade aan die bakkery se toerusting aangerig nie. Plastiekhouers wat aan die brand geraak het, het uitgebreide rookskade aangerig en die hele bakkery sal binne skoongemaak en oorgeverf moet word. Hy het bygevoeg dat 'n afleweringsvoertuig se laaibak erg beskadig is, nadat die voertuig oënskynlik van onder af aan die brand gesteek is.

Mnr. Welman sê hy hoop om die bakkery voor die einde van die maand weer in produksie te stel.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines