

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 June 2014
‘n Inwoner van Makhado (Louis Trichardt) word aangekla van poging tot moord, nadat hy glo met ‘n vuurwapen losgebrand het op ‘n vermeende dwelmhandelaar.
Die 63-jarige Johannes Coetzer is Saterdag, 21 Junie, deur die Makhado polisie gearresteer, nadat hy ‘n 38-jarige Nigeriese man glo in die hand gewond het. Volgens die polisie het die voorval Saterdag ongeveer 18:00 in die omgewing van Stubbsstraat, naby Coetzer se huis, plaasgevind.
Die Nigeriese man was na bewering besig om dwelms aan ‘n familielid van Coetzer te probeer smous. Coetzer het na bewering sy vuurwapen gevat om die beweerde dwelmsmous te probeer verwilder. Dit was toe dat die Nigeriese man die familielid se selfoon gryp en op die vlug slaan.
Coetzer het op die man losgebrand en hom in die regterhand gewond. Die Nigeriese man is deur inwoners wat Coetzer te hulp gesnel het, aangekeer en aangehou tot die polisie op die toneel opgedaag het.
Coetzer is gearresteer, maar later dieselfde aand op R500 borg vrygelaat. Hy het Maandag vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op klagte van poging tot moord. Sy saak is uitgestel tot 11 Julie.
In tussen moes Nigeriese man in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal opgeneem word vir behandeling. ‘n Saak van die onwettige besit van dwelms is teen hom geopen, maar teen druktyd het hy nog nie in die hof verskyn nie.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
