ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Vermeende dwelmsmous ook aangekla

 

News  Date: 04 July 2014

 

Die Nigeriese man wat raakgeskiet is tydens ‘n beweerde gefnuikte dwelmtranskasie het verlede week vlugtig in die hof  in Makhado (Louis Trichardt) verskyn.

Ukachukwu Vikus Chimazie (38) is op Saterdag, 21 Junie, glo in die hand gewond nadat Johannes Coetzer (63) op hom geskiet het. Volgens inligting verskaf deur die polisie was Chimazie glo besig om dwelms aan ‘n familielid van Coetzer te probeer verkoop. ‘n Onderonsie het ontstaan tussen die twee, waartydens Chimazie gewond is.

Coetzer is gearresteer en van poging tot moord aangekla. Hy is dieselfde dag nog op R500 borg vrygelaat en het reeds in die hof verskyn. Sy saak is uitgestel tot 1 Augustus om die polisie kans te gee om die saak verder te ondersoek.

Chimazie is ook dieselfde tyd as Coetzer gearresteer, maar het eers verlede Woensdag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op 'n klag van die onwettige besit van dwelms. Hy moes eers mediese behandeling ontvang en aansterk. Sy saak is uitgestel tot 2 Julie sodat hy ‘n formele borgaansoek kon bring. Teen druktyd het hy nog nie sy borgaansoek gebring nie.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines