ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Dominee se saak word weer uitgestel

 

News  Date: 03 July 2014

 

Die kriminele saak teen ’n leraar van die dorp is vir eers weer uitgestel.

Dr. Philip Arnoldus Venter het verlede Donderdag weer vlugtig in die Louis Trichardt Distrikslanddroshof verskyn. Venter staan tereg op 'n klag van bedrog en drie klagte wat verband hou met oortredings van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000).

Volgens Venter se klagstaat hou die klag van bedrog verband met ‘n voorval in April 2006. Venter het na bewering onder valse voorwendsels besit geneem van drie vuurwapens van mev. Cecile Steyn, nadat hy glo voorgegee het dat hy die nodige magtiging gehad het om die wapens te neem. Die wapens het intussen vermis geraak.

Venter se saak is verlede week uitgestel omdat sy regsverteenwoordiger, adv. Neil Duvenhage, nie gesond gevoel het nie.

Indien Venter se saak Donderdag sou voortgaan, sou kol. Bez Bezuidenhout van die plaaslike polisie se vuurwapenafdeling vir die Staat getuig het oor die ondersoek teen Venter. Sy getuienis sou na verwagting die hele dag duur, waarna die Staat ten minste nog drie ander getuienis sou roep en dan hul saak sou sluit.

Venter se verhoor is uitgestel tot en met 21 en 22 Augustus, waarna dit na verwagting weer hervat sal word.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines