ADVERTISEMENT:

 

Rowers buit R300 000 by juwelierswinkel

 

News  Date: 15 February 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Die personeel van Arthur Kaplan Juweliers in Trichardtstraat het Maandag 'n paar benoude oomblikke beleef toe hulle deur drie gewapende mans van sowat R300 000 se kontant en juwele beroof is.

Die drie mans het omstreeks 09:30 by die besigheid ingestap. In daardie stadium was die bestuurderes, mev. Susara Loots, en haar twee verkoopsdames, mevv. Annetjie van der Merwe en Elisa Maluma, in die winkel.

Een van die mans, wat hulself as kliënte voorgedoen het, het na Elisa gestap en haar gevra of hy na die ringe en hangertjies kan kyk. Nog een van die mans het na Annetjie by die toonbank gestap.

Nadat Elisa die ringe en hangertjies aan die man gewys het, het sy begin om die juwele weer terug te pak. Die man het egter 'n vuurwapen uitgeruk en haar beveel om te juwele aan hom te oorhandig. Hy het ook vir kontant gevra.

Intussen het Annetjie opgemerk dat Elisa begin huil het. Die man wat voor haar gestaan het, het ook skielik 'n vuurwapen uitgeruk en haar meegedeel dat hulle beroof word.

Susara, wat agter in haar kantoor gesit het, het in hierdie stadium opgestaan en vorentoe begin stap. Sy is egter by haar kantoordeur deur Annatjie en die gewapende man begroet. Die man het sy vuurwapen teen Susara se kop vasgedruk, waarna hy haar versoek het om die kluis oop te sluit.

Susara en Annetjie is beveel om op hul mae op die vloer te lê. Die man het wydsbeen oor Susara gaan staan. Volgens Susara was sy daarvan oortuig dat die man haar gaan verkrag. Hy het egter net oorgeleun om Susara se selfoon vanaf haar tafel te steel en die sekuriteitsvideo uit die masjien te verwyder. Intussen het Annetjie daarin geslaag om alarm te maak deur middel van 'n versteekte skakelaar in die kantoor. Die mans wou aanvanklik weet waarom sy so vroetel, waarop Annetjie gesê het dat daar geld gdval het en dat sy dit net wou optel. Gelukkig vir haar het hulle haar geglo.

Die drie mans, wat deurlopend baie senuweeagtig en haastig was, het kort daarna op die vlug geslaan, nadat hulle ook Annetjie se beursie in haar handsak leeggemaak het en haar selfoon gesteel het.

Niemand is tydens die voorval ernstig beseer nie, Teen druktyd was dit ook nie seker of enige verdagtes in verband met die saak aangekeer is nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines