ADVERTISEMENT:

 

CMR beoog sopkombuis vir behoeftiges

 

News  Date: 15 February 2002

 

LOUIS TRICHARDT - Die plaaslike kantoor van die Christelik Maatskaplike Raad het groot planne om hul kosvoorsiening aan hawelose en werklose persone meer vaartbelyn te maak.

Daar is besluit om die voedselverskaffing meer prakties te bedryf in die vorm van 'n sopkombuis.

"Ons kosvoorsiening het verlede jaar twintig tot veertig borde kos per dag behels. Nou het ons afgeskop met 'n sopkombuis, ook te danke aan 'n paar persone wat bereid is om behulpsaam te wees," sê mev. Hester Beukes, senior maatskaplike werker van die CMR. Sy het mense uitgenooi om betrokke te raak en die volgende terreine uitgelig waar hulp verleen kan word:

* Skenkings van groente, bene en vleis om sop van te kook;

* Skenkings van brode of die borg van 'n brood;

* Die kook van 'n pot sop wanneer dit vir 'n persoon geleë is;

* Hulpverlening met bediening van omstreeks 10:30 tot 12:00; en

* Die moontlike oprigting van 'n struktuur of afdak langs die CMR-kantoor om die bediening uit die kantoor te neem.

Mev. Beukes, asook Sarie Schnetler van die CMR-kantoor, het hul dank uitgespreek teenoor persone en instansies wat gereeld bydraes en hulp in een of ander vorm verleen het.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines