ADVERTISEMENT:

 

"Moenie oorsese besoekers uitbuit nie"

 

News  Date: 15 February 2002

 

LOUIS TRICHARDT - Die besture van die Soutpansberg- en Messina Toerismeverenigings het die afgelope week hul kommer uitgespreek oor die ongehoorde en soms gek pryse wat diensverskaffers wil vra vir akkommodasie en ander dienste tydens die sonsverduisteringsperiode in Desember vanjaar.

Die toerismeverenigings het gewaarsku dat dit jammer sal wees indien enige diensverskaffer hierdie geleentheid wil misbruik om onregverdige korttermyn wins te maak. Onbillike hoë pryse, sê hulle, gaan eerder die internasionale en nasionale toeris verwilder.

"Dit sou dus onverantwoordelik wees om op die korttermyn 'n paar rand meer te wil maak en daarmee saam alle toeriste en besoekers uit te buit. Dit sal waarskynlik ook die laaste keer wees wat enige toeris die streek sal besoek."

Die natuurverskynsel in Desember vanjaar is 'n sonderlinge gebeurtenis wat eers weer oor dertig jaar in Suid-Afrika beleef sal word. Die Noordelike streek van die Noordelike Provinsie is dus bevoorreg dat dit vanjaar hier gaan plaasvind en bied aan inwoners 'n ideale geldentheid om die streek internasionaal bekend te stel.

Die twee verenigings het inwoners van die streek versoek om redelike pryse te vra en aan toeriste te bewys dat hulle regverdige mense is. In dieselfde asem noem die verenigings dat inwoners 'n veilige finansiële toekoms in toerisme het en dat hulle nie hierdie geleentheid moet uitbuit nie. Hulle sê dat die Nasionale Kruger Park se verklaarde beleid dat pryse nie 20% hoër as normale pryse sal wees nie, 'n gesonde, verantwoordelike riglyn is om te volg.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines