ADVERTISEMENT:

 

Forum vir Zimbabwiese arbeiders

 

News  Date: 15 February 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Die Forum oor Zimbabwe Arbeiders vind vandeesweek sy finale beslag tydens 'n stigtingsvergadering eerskomende Vrydag.

Die forum sal beheer uitoefen oor die doeltreffende uitvoering van die onderhandelde ooreenkoms oor Zimbabwe arbeid en sal ook gesamentlik die knelpunte wat mag ontstaan help oplos.

Die forum word saamgestel uit verteenwoordigers van die Departemente Arbeid, Binnelandse Sake, Landbou, die SAPD, die Nasionale Weermag en die Distrikslandbou-unie.

Die verteenwoordigers van die landbou-unie is mnre. Bertus Schutte van Messina, Rudi Vos van Oosgrens en Eben de Bruyn van Mopane.

Die eerste amptelike werksvergadering van die forum is op 21 Februarie op Messina.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines