

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 February 2002
LOUIS TRICHARDT – 'n Hofgeding wat deur die Louis Trichardt Sosiale Klub teen die Makhado Munisipaliteit aanhangig gemaak is, het op Maandag 4 Februarie weer in die Hooggeregshof in Pretoria voorgekom.
Die saak volg na die weiering van die munisipaliteit om die Sosiale Klub te vergoed vir die bou van die klubhuis wat deur die munisipaliteit teruggeneem is. Die klubhuis is geleë agter die Bergwater Hotel. Die Sosiale Klub en die munisipaliteit verskil steeds oor die kostes wat die Sosiale Klub na bewering aangegaan het.
Die saak is vir etlike maande uitgestel met die doel om 'n deskundige waardasie te bekom.

ADVERTISEMENT:
