

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 August 2014
Die plaaslike polisie vra dat die gemeenskap handjie bysit met leidrade om die inbraak by Laerskool Louis Trichardt op te los.
Daar is die naweek voor die skole op 21 Julie begin het, by die skool ingebreek en kontant, rekenaars, ‘n kamera en ‘n diktafoon is gesteel. Die kluisdeur is oopgesny, nadat toegang deur die dak en plafon van die skool se administratiewe blok verkry is. Verskeie ander deure is oopgebreek en beskadig.
“Daar is nog geen arrestasie gemaak nie. Die speurders soek na inligting wat kan lei tot die arrestasie van die oortreder(s). Die gemeenskap en skoolbestuur word nederig versoek om enige inligting in verband met hierdie saak deur te gee aan die plaaslike speurtak bevelvoerder, luitenant kolonel Monica Nemavhola, by 082 451 7154,” het die woordvoerder van die SAPD Makhado, A/O Takalani Madzhigili gesê.
Intussen het mnr. Greg Stewart, departementshoof van Laerskool Louis Trichardt, bevestig dat die polisie vingerafdrukke kom neem het. Die skool se rekenaarnetwerkstelsel, interkomstelsel en kommunikasiestelsel met die ouers is herstel. Die skool is ook in die proses om die data wat op die gesteelde rekenaar by ontvangsbestuur was, te herwin. Die meeste deure is deur interne arbeid herstel. Die plafon moet nog herstel word.
Na aanleiding van ‘n wenk om sekuriteitskameras te gebruik, het Stewart opgemerk dat inbrekers by ‘n skool in Florida vir die kamera gewaai het en net voortgegaan het. “Dit bly ‘n ewigdurende stryd,” het hy gesê. Dit blyk dat die skool wel sekere sekuriteitsmaatreëls verskerp het.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
