

ADVERTISEMENT:

News Date: 08 February 2002
Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) het die voorgestelde naamsveranderinge van verskeie dorpe in die Noordelike Provinsie as ‘n verwerping van Afrikaans en as “Mugabeagtig” beskryf.
Volgens mnr. Dan Roodt van PRAAG is die beoogde naamsveranderinge niks anders as toponimiese etniese suiwering nie. “Die lasterlike gelykstelling van alle Afrikaanse name met ‘apartheidsname’ en die gepaardgaande behoud van Britse koloniale name deur die ANC, het nou al soveel keer voorgekom dat dit al ‘n patroon uitmaak van anti-Afrikaanse xenofobie,” sê hy.
Mnr. Roodt het aangevoer dat die ANC versoening predik, maar terselfdertyd die pad van ‘n kulturele oorlog, wat reëlreg teen Afrikaans en die Afrikaanse erfenis gemik is, in te slaan.
“PRAAG steun alle aksies, ingesluit belastingboikotte, om die betroke munisipale owerhede te dwing om af te sien van hul xenofobiese anti-Afrikaanse beleid van naamsveranderings. Ons herinner die ANC dat die betrokke dorpe … aangelê is deur Afrikaners. Hulle is historiese name wat wêreldwyd bekend is en deel vorm van ‘n Afrikaanse en Suid-Afrikaanse identiteit. Enige skending of vernietiging van hierdie name kom neer op ‘n verwerping van Afrikaans en Afrikaners, en is inderdaad Mugabeagtig.”

ADVERTISEMENT:
