ADVERTISEMENT:

 

Mnr. Johan Laubser (regs) van Jewel King en ‘n werknemer van Bavaria Motors kniel by die stormwater vangpunt in Kroghstraat waaruit ‘n onaanvaarbare stank kom.

Dis nie die lyke wat so stink nie ...

 

News  Date: 16 July 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Katte wat by ‘n stormwatersloot inklim, tesame met ‘n onaangename stank, het winkeleienaars in Kroghstraat skuins oorkant die polisiestasie al behoorlik teen die mure laat uitklim.

Gerugte dat die water waarmee lyke by die staatslykshuis by die polisiestasie gewas word in die stelsel inkom, het ook nie die gemoedere laat bedaar nie.

“Hierdie is ‘n onaanvaarbare, onnatuurlike stank. Kom dit miskien van die lykshuis?” vra mnr. Johan Laubser van Jewel King.

Mnr. Laubser sê dat die onwelriekende reuke al vir die laaste twee jaar pla, vandat hy daar besigheid begin doen het.

“Wanneer die munisipaliteit chemikalieë kom ingooi, dan is dit beter, totdat dit uitgewerk is. So elke een en ‘n half tot twee weke is die stank baie erg. Is dit dalk elke keer wanneer iemand dood is?”

Mnr. Laubser sê dat hy ‘n privaat ingenieur laat kom het wie se bevindings sy vermoede oor die afval vanaf die lykshuis versterk het.

Inspekteur Daniel Ndlovu, skakelbeampte van die plaaslike SAPD, het die afgelope week ontken dat die lykshuis by die polisiestasie nog in gebruik is.

“Die lykshuis is reeds vroeg in 2003 gesluit,” het Ndlovu gesê. Sy standpunt is beaam deur mnr. Lampie Schoeman van die munisipaliteit se gesondheidsdepartement. Hy het ten sterkste ontken dat lyke gewas word by die polisiestasie.

“Daardie diens is al vir meer as twee jaar geprivatiseer,” het Schoeman gesê.

Die Direkteur: Tegniese Dienste van die Makhado Munisipaliteit, mnr. Masindi Mapholi, is van mening dat die oorsprong van die onaangename reuk nagespoor is tot by ‘n voedselwinkel wat die stormwatersisteem vir afval gebruik. In dié verband het mnr. Johan Prinsloo, ‘n tegnikus by die munisipaliteit se departement vir paaie en stormwater, verduidelik dat ‘n voedselwinkel se wasbakke onregmatig op die stormwaterstelsel gekoppel is.

“Die reuk stoot deur die stormwatersisteem op na die hoogste punt by Jewel King,” sê mnr. Prinsloo. Die regsafdeling van die munisipaliteit behartig tans die saak teen die betrokke voedselwinkel.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines