

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 August 2014
Tannie Elma van Niekerk, wat wyd bekendheid verwerf het vir haar “Groente Apteek”, is op Makhado (Louis Trichardt) in die ouderdom van 79 jaar oorlede.
Sy was die oudste van ses kinders. Sy is verlede Dinsdagoggend, 5 Augustus, by haar woonhuis oorlede en haar begrafnis was Maandag.
Sy is op 15 Januarie 1935 op Ficksburg gebore en het in 1970 saam met haar ouers na Louis Trichardt verhuis.
As gevolg van die merkwaardige wyse waarop haar ma ná jarelange siekte destyds herstel het met die raad om baie vrugte en groente en hul sappe te gebruik, het sy haar toegelê op die behandeling van ‘n wye reeks kwale en ernstige siektes met behulp van groente en vrugte.
Tannie Elma se rate en wysheid het wye belangstelling uitgelok. Sy het selfs ‘n boek, Totsiens Kwale, die lig laat sien. Sy is ook gereeld genooi om praatjies oor haar bevindings te lewer en verskeie radio-onderhoude is ook met haar gevoer oor haar inligting aangaande die kwale en watter vrugte en groente met die genesing kan help.
Die gesin het die Soutpansberg Dorpswag en Maud Myburgh, met haar ambulans, bedank dat hulle so vinnig opgetree het om haar te help
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
