

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 August 2014
Soutpansbergers het die afgelope week afskeid geneem van ‘n ou, welbekende en geliefde inwoner.
Vriende en familie het op Maandag, 11 Augustus, laaste eer betoon aan tannie Ria du Plessis tydens haar begrafnisdiens vanuit die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt-gemeente.
Tannie Ria is op 6 Augustus in die ouderdom van 86 jaar in Makhado (Louis Trichardt) oorlede ná ‘n lang siekbed. Sy word oorleef deur haar vier seuns, Kobus, Flip, Peet en Paul du Plessis, een dogter, Malie Calder, kleinkinders, agterkleinkinders en agter-agterkleinkinders.
Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hulle in hul tyd van hartseer bygestaan het. Spesiale dank het gegaan aan dr. Casper Venter, ds. Innes Nagel, asook Martin's Begrafnisondernemers vir hulle vinnige optrede en puik diens.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
