ADVERTISEMENT:

 

Sypaadjies 'n "steen des aanstoots"

 

News  Date: 16 July 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Sypaadjies wat in ‘n haglike toestand gelaat is deur kontrakteurs wat die stormwaterstelsel opgegradeer het, is vir sakemanne ‘n steen des aanstoots.

Besigheidsmanne en kliënte wat vir weke lank die ongerief van opgekapte sypaadjies moes verduur, moet nou in onooglike sypaadjies vaskyk en oor die ongelyke oppervlaktes beweeg.

“Kyk hoe lyk hierdie plaveisel! Hierdie vakmanskap is nie op standaard nie,” sê mnr. Johan Laubser van Jewel King in Kroghstraat.

Nadat die werk aan die stormwaterstelsel voltooi is, is die plaveisel “teruggeplaas”, maar dit val plek-plek in en is baie slordig. Die eens-netjiese steenplaveisel wat oorspronklik op Bavaria Motors se eie onkoste gelê is, lyk nou onaardig. Die teer teenaan die sypaadjie is ook opgelig en nie teruggeplaas nie.

Mangate het vir weke oopgestaan en ‘n gevaar vir verbygangers geskep.

“Elke keer as ons kla, dan gebeur daar so ‘n ietsie,” sê mnr. Laubser. Vir hom spreek die swak werk van onbevoegdheid. Mnr. Laubser voel dat ‘n slordige dorp nie jong entrepreneurs lok nie.

Die Direkteur: Tegniese Dienste van die Makhado Munisipaliteit, mnr. Masindi Mapholi, het gesê dat die kontrakteurs Brothers and Sisters vir die werk verantwoordelik is. Mnr. Mapholi het self die afgelope week na die betrokke plaveisel gaan kyk en in ‘n telefoniese onderhoud opgemerk: “Daardie plaveisel is nie op standaard nie.”

Mnr. Mapholi het gesê dat hy die ingenieur geskakel het om die saak op te volg. Hy het bygevoeg dat die kontrakteurs nog nie vergoed is nie en dat die projek nog nie afgelewer is nie. Die hele projek om die stormwaterstelsel op te gradeer, behoort teen die einde van Augustus afgehandel te wees.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines