

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 January 2002
LOUIS TRICHARDT – In 'n opspraakwekkende saak, het die waarnemende hooflanddros van Thohoyandou, Ailwei Willy Mudau, Maandag (14de) in die streekshof verskyn op 'n klag van statutêre verkragting.
Die 47-jarige Mudau se verskyning in die hof hou verband met 'n voorval op Sondag (13de) toe hy na bewering deur lede van die SAPD in Groblerstraat betrap is met twee naakte vroue, waarvan die een 15 jaar oud was, in sy voertuig. Groblerstraat is welbekend in die omgewing vir sy hoë konsentrasie prostitute.
Volgens die polisie is Mudau omstreeks 17:50 gearresteer. Daar word beweer dat hy elk van die vroue R50 betaal het om seksuele omgang met hulle te hê. Beide vroue het na bewering ook aan die polisie bevestig dat Mudau wel met hulle seksuele omgang gehad het. Die twee vroue is prostitute wat in die aera tussen Elim en Louis Trichardt werksaam is.
Mudau is borgtog van R3 000 toegestaan, waarna sy saak uitgestel is tot 12 Februarie vir verdere ondersoek en verhoor.

ADVERTISEMENT:
