ADVERTISEMENT:

 

Minlike Tannie Toets Krügel oorlede

 

News  Date: 18 January 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Een van die dorp se kleurvolle persoonlikhede, mev. Alexandra Elizabeth Krügel (gebore Hamilton) is hier op 8 Januarie, 'n dag voor haar 83ste verjaardag, oorlede.

Tannie Toets, soos sy meer algemeen bekend was, is op 9 Januarie 1919 gebore aan boord van 'n passasierskip op die Atlantiese Oseaan. Haar ouers het in die jare veertig in Johannesburg gewoon.

Sy was getroud met Oom Boet Krügel, 'n bakker, en hulle het hulle aanvanklik in 1949 op Potgietersrus gevestig. Hulle het in 1974 na Louis Trichardt verhuis.

Sy het vier kinders gehad waarvan die oudste seun oorlede is. Die drie oorblywende kinders is mnr. Steve Krügel en mevv. Andria Joubert en Issie Lewies. Daar is tien kleinkinders en sestien agterkleinkinders.

Gedurende haar veelbewoë lewe, het Tannie Toets as jong nooi haar tydens die oorlogjare bekwaam as passer en draaier na 'n weddenskap met een van haar broers. Sy was ook 'n knap skut.

Sy was 'n bekende en beminde inwoner van Louis Trichardt en sal onthou word as iemand wat altyd tyd gemaak het vir ander en dat sy nooit weggestap het voordat sy nie eers 'n grappie vertel het nie.

Haar begrafnisdiens was op 11 Januarie vanuit die Soutpansberg NG Kerk op Louis Trichardt.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines