ADVERTISEMENT:

 

Nalatigheid rede vir motorongelukke

 

News  Date: 18 January 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Ongelukke in en om Louis Trichardt het sedert die begin van Januarie die lewens van drie mense geëis. Ten spyte hiervan het verkeers- en reddingspersoneel ietwat van 'n stil vakansietydperk beleef.

Op 1 Januarie word twee mense lig beseer in 'n ongeluk op die hoek van Jeppe- en Kleinhansstraat. Twee dae later word 'n verdere vyf mense lig beseer tydens 'n ongeluk by die N1/Trichardtstraat-kruising, waarna drie mense lig en twee ernstig beseer word op 4 Januarie tydens 'n ongeluk by die N1/Dendron-kruising.

Op 6 Januarie slaan 'n vragmotor om by die Alldays/Waterpoort-aansluiting en drie mense word lig beseer. Drie dae later (9de) slaan 'n tweede vragmotor om net buite Louis Trichart op die N1 na Messina, maar dié keer sterf twee persone. 'n Derde persoon sterf op 13 Januarie, na 'n botsing tussen 'n vragmotor en ligte sedan by 3 Myl net buite die dorp.

Wat die streek betref (Vhembe-streek) is 134 ongelukke in die verre noordelike gedeelte van die provinsie by die provinsiale Arrive Alive Inligtingsentrum oor die vakansietydperk aangemeld. Tien van die ongelukke was noodlottig, waarin 14 mense oorlede is. Sewe, of 50% van die oorledenes, was voetgangers. Die ander sewe persone is almal dood in voertuie wat gerol het. Die grootste oorsaak van die ongelukke blyk te wees motoriste, en voetgangers, se nalatigheid.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines